A Simple Guide to Managing Village Poultry in South Africa/Aanteel van die hoenders en Uitbroei van eiers
From Poultry Hub
Aanteel van die hoenders en Uitbroei van eiers
- Let goed op watter hoenders vinnig groei, baie gesond is en baie eiers lê. Gebruik dan die vrugbare eiers en laat henne wat die beste ma’s is, en waarvan die kuikens die beste uitbroei, die eiers uitbroei. Ou henne en hane, al is hulle goed, moet mettertyd met jonges vervang word.
- Hou en teel dus met die gesondste, strek, groot jong diere. Hulle sal ook die beste wees om te slag, maar moet nie al die beste hane slag nie.
- Gebruik 2 hane en tien henne om van te teel om die oues te vervang. Moet geen hoenders aanhou en laat aanteel as hulle klein en sieklik is nie, al is hulle die die troeteldiere.
- Dit is ook goed om een of twee van jou hane met hane van bure wat ver van jou af woon te ruil, om nuwe “bloed” (goeie teeleienskappe) in te bring. So sal jy verhoed dat die hane te veel met hulle eie susters paar.
- Deur so streng net met die beste te teel (Afdeling III later) vestig jy ‘n goeie boerdery. Dit bring minder uitgawes mee, want swak diere vreet net soveel kos en lewer niks op nie.
- Gee spesiale aandag aan die henne wat broei. ‘n Aparte nes waar die henne kan broei is beter. Veral die neste moet hoog van die grond af op ‘n stelasie wees en verkieslik soos ‘n gevlegte mandjie wees, want ‘n leë verfblik is te warm vir die hen. Skoon sand en baie sagte gras is die beste om die eiers op neer te sit sodat dit nie breek nie.
- Die broeis hen hou ook meer van ‘n nes wat eenkant en effens donker is. Maak seker dat sy kos en water het as sy een maal per dag opstaan.
- Neem gereeld al die eiers uit die neste. As ‘n hen broeis word, gee dan vir haar sowat agt vars bevrugte eiers om uit te broei. Makou wyfies is uitstekende broeiers. Hoender eiers broei na 21 dae uit. As die hen nog na die 22 ste dag wil sit en die meeste kuikens is al uit, kan die orige eiers weggeneem word.
- As te veel henne broeis word, gebruik net die wat jy weet goeie ma’s is. Die ander se broeisheid kan oorkom word, sodat hulle weer begin lê, deur hulle afsonderlik in ‘n draad mandjie onder ‘n koelteboom op te hang vir 4 – 5 dae met water en kos.
