A Simple Guide to Managing Village Poultry in South Africa/Agtergrond

From Poultry Hub

Jump to: navigation, search
Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell

VERSORGING VAN HOENDERS WAT VRY OP DIE WERF LOOP

Hierdie boek is bedoel vir families wat nog genoeg ruimte het om ‘n paar hoenders op die werf aan te hou. Op die platteland en in afgeleë gemeenskappe is goeie moontlikhede om so met ‘n hoederboerdery te begin. Die boek behoord nuttige informasie te verskaf vir beginners en vir die wat reeds besig is. Met die wenke in die boek kan produksie verbeter word, soos om gesonde sterk kuikens groot te maak en meer eiers van die henne te kry. Hoenders verskaf uitstekende kos vir die gesin. Die klein kinders in die gesin het die goeie proteiëne, wat deur eiers en hoendervleis verskaf word, nodig om gesond op te groei.
Die boek is toegespits op die verbetering van hoenderboerdery waar lokale hoenders reeds beskikbaar is en ‘n vry-loop stelsel toegepas word en waar die pluimvee vir hulleself kos in die veld en in die krale van ander diere kan gaan soek.
Hoenders kan ook sorg vir ‘n eksta inkomste as die eiers of vleis verkoop word. Die vroue wat tuis bly om kinders te versorg kan gerus meer aandag aan die hoenderboerdery gee om eksta geld te verdien en goeie proteiëne vir die kinders en die familie te verskaf.

Die vyf dele van hierdie boek is:

  1. Huisvesting vir hoenders
  2. Aanteel van die hoenders en Uitbroei van eiers
  3. Algemene bestuur van hoenders
  4. Hoe om hoenders te voer
  5. Diere se gesondheid

Erkenning

Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell
Dank en waardering vir die inisiatief wat deur die opleidingsskool vir veeartsenykunde by die Universiteit van Queensland in Australië geneem is om hierdie hulpmiddel vir voornemende klein pluimveeboere op te stel en die publikasiekostes te dra. Dr. David Farrell is die persoon wat hierin die voortou geneem het en met sy besoeke aan baie ontwikkelende lande en ook Suid Afrika is die inhoud baie prakties en bruikbaar. Die materiaal is in 5 tale van suider Afrika vertaal.

D.J. FARRELL
The University of Queensland
April, 2000

See Also

Personal tools
site help