A Simple Guide to Managing Village Poultry in South Africa/Algemene bestuur van hoenders

From Poultry Hub

Jump to: navigation, search

Contents

Algemene bestuur van hoenders

Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell

Grootmaak van kuikens

  • Pasgebore kuikens het warmte nodig en moet gou goeie kos en water kry. Die goeie ma sal hulle beskerm, wys om kos te vind en sodoende al die kuikens groot kry.
  • Dit is belangrik vir die eerste 3 - 4 weke dat hulle teen koue en gevaar beskerm word deur onder die hen in te kruip. Om haar te help moet sy in ‘n veilge kampie met koelte en water en kos gehou word. Dit kan ‘n verskuifbare kampie wees sodat hulle skoon nuwe gras kry.
  • Die kuikens moet leer om self kos te soek en aan die begin leer om die warmte van die ma op te soek as hulle koud kry. Snags moet die hen en kuikens weer in ‘n veilige plek slaap. Kuikens sonder ‘n ma moet warm gehou word naby ‘n stofie of lamp.
  • Gedurende die dag moet die kuikens van ekstra kos voorsien word. ‘n Hartgekookte eier wat fyn gekerf word is die beste kos wat die kuikens elke dag kan kry. Verder kan hulle klein hoeveelhede fyngemaakte mielies, koring of ander graan. Hulle hou ook van mieliepap of brood, wat in die kombuis oorbly en gekrummel is. Na 10 dae behoord die kuikens net soggens en saans gevoer te word, want hulle moet self begin kos soek.
  • Die kos wat hulle kry moet gou opge-eet word, anders bly dit oor en word gemors. Die hen behoord ook nie die kuikens se kos eet nie, want dit is net vir hulle bedoel. Maak ‘n versperring van riet of draad sodat die hen nie die kuikens se kos kan bykom as hulle gevoer word nie.
  • Gebruik ‘n selfgemaakte waterbak en sorg dat kuikens altyd toegang tot skoon water het. Hulle moet nie self in die water beland en nat word nie. Vir klein kuikens is dit nodig om albaster groote klippies in die bak te sit sodat die klein kuikens nie in die water beland nie.
  • Kuikens wat doodgaan moet dadelik verwyder word en ver en diep begrawe word.
  • Wanneer die kuikens 3 - 4 weke oud is word hulle toegelaat om bedags die kampie te verlaat sodat hulle vir self begin soek vir kos saam met die mahen. Moet egter nie ophou om bietjie ekstra kos vir hulle te gee nie.
  • Op 4 weke kan die haantjies van die hennetjies onderskei word. Haantjies groei vinniger as hennetjies. Die kuikens moet nog steeds ‘n uur per dag eksta voer ontvang.
  • Do not wait until the males are fully-grown before you eat them or sell them. This means that you will save feed and have more room in your hen house for new chickens to replace them. You will have more feed left to give to other chickens.

Die versorging van lêhenne

Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell
  • Hennetjies begin lê as hulle 6 - 8 maande oud is. Hulle sal vroeër en beter lê as hulle goeie voer ontvang het en ook as hulle in die lente uitgebroei was.
  • Die veranderinge in henne se voorkoms wanneer hulle sal begin eiers lê is byvoorbeeld die kamme wat baie groter en rooier vertoon. Die teenoorgestelde vind plaas as ‘n hen om een of ander rede ophou lê.
  • Om seker te wees dat eiers nie gedurende warm weer gou oud word nie moet dit minstens een keer per dag in die voormiddag uit die neste gehaal word en nie later as die volgende dag onder die broeis henne geplaas word of verkoop word. Nie meer as 8 eiers onder een hen vir uitbroei nie.
  • Bêre die eiers in ‘n koel plek en hou hulle nooit langer as 7 dae voordat dit gebroei word nie. Ou eiers broei nie goed uit nie en is ook nie goed om te verkoop of te eet nie.
  • Soek net die heel, sterkdop, groot, skoon eiers om uit te broei. Gekraakte eiers sal nie uitbroei nie en sal breek en die ander eiers in die nes bemors.
  • In hulle eerste jaar lê jonghenne gewoonlik baie goed. As hulle 2 of 3 jaar oud is hou hulle op met lê of hulle lê min eiers. Hulle eet egter net so veel of meer voer as die jonger henne en dit is beter om hulle te slag of te verkoop.

See Also

Personal tools
site help