A Simple Guide to Managing Village Poultry in South Africa/Diere se gesondheid
From Poultry Hub
Diere se gesondheid
- ‘n Skoon omgewing is belangrik vir gesondheid van hoenders. Siek honders groei swak en lê nie goed nie.
- Skoon water en drinkbakke wat daagliks voorsien word is belangrik. Ook die kosbakke moet elke dag skoon gemaak word en die huis moet altyd netjies wees.
- Hou die hoenders elke dag dop om te sien of hulle gesond is.
- Siek hoenders moet een kant gehou word en ook kos en water kry. As hulle nie binne 5 dae beter word nie moet hulle maar van kant gemaak word en begrawe word.
- Siek hoenders eet ook soms nie. ‘n Siek hoender is maklik erkenbaar. Dit sit gewoonlik eenkant, die vere is kroes en die kloaak is dikwels nat van diaree. Die mis kan bloederig wees as dit koksidiose opgedoen het of sere kan op die kop en oë voorkom as dit deur miskiete gesteek is. Geel uitskeiding van die neus en oë is ‘n teken van erg verkoue en sinus ontsteking. Lam kuikens wat gladnie kan loop moet in elk geval doodgemaak word.
- Siek kuikens moet nie geeet word nie want sommige siektes kan die mens ook aantas.
- Vir baie gevaarlike siektes wat gou onder die hoenders versprei en baie doodmaak, moet kuikens geent word met die regte entstowwe.
- Een van die siektes is Newcastle Siekte. Vra vir die plaaslike landbou voorligter om te help dat die hoenders ge-ent word voordat hulle die siekte opdoen.
- Kry altyd raad van landbou voorligting beamptes of staatsveearts as baie van jou hoenders of van die hoenders in jou omgewing vrek.
