A Simple Guide to Managing Village Poultry in South Africa/Hoe om hoenders te voer

From Poultry Hub

Jump to: navigation, search

Hoe om hoenders te voer

Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell
  • Kuikens moet nie net een soort graan of kos kry nie as ons wil hê hulle moet goed en gesond grootword en baie eiers lê. Hulle moet ook altyd skoon water hê om te drink.
  • As hoenders buite kan loop skrop hulle rond en vind hulle eie voedsel deur slakke, insekte, wurms, sade en ander plante te eet. Tog het hoenders ook eksta voer nodig.
  • Kuikenmeel wat by voerhandelaars gekoop kan word is die beste kos vir heel klein kuikens. Dit is egter duur en behoord nie vir al die hoenders uitgedeel te word nie. Dit is ook net beskikbaar in groot sakke (50 kg) en sal beter werk as dit met jou bure gedeel kan word, want dit kan ook nie te lank gebêre word nie. Kuikens ouer as 5 weke behoord al sonder kuikenmeel reg te kom. Net ‘n bietjie ekstra graan behoord genoeg te wees vir hulle.
  • Kosbakke moet nooit meer as half volgemaak word nie want dit word uitgekrap en gemors. Voer net soveel as wat die kuikens in ‘n uur kan opvreet.
  • Henne het baie kalsium nodig om sterk doppe te vorm. Aanvulling van kalsium is nodig. Kalk klip, see skulp, en fyn-gebreekte been is goeie bronne wat eksta aangebied kan word. Eierdoppe en bene moet eers gekook word anders versprei dit siektes.
Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell
  • Groenigheid uit die tuin en blare en oorskied kosse uit die kombuis moet so vars moontlik vir hoenders gegee word. Oortollige groente soos wortels, kool, slaai en aartappels is meer werd as dit gekook is. Oortollige ryp vrugte is ook goed vir hoenders.
  • Bene wat eers gekook en fyngemaak is verskaf ook baie ander minerale wat noodsaaklik is vir hoenders se gesondheid.
  • Semels van koring en ander grane is soms goedkoop beskikbaar. Dit kan vir groot hoenders as deel van hulle eksra voer gegee word. Gemaalde en gekookte bone, soos lupeine, soja en ander bone is baie goeie voer en moet spaarsaam gebruik word, soos die kuikenmeel, want dit is net so waardevol as menslike voedsel.

See Also

Personal tools
site help