A Simple Guide to Managing Village Poultry in South Africa/Huisvesting vir hoenders

From Poultry Hub

Jump to: navigation, search

Huisvesting vir hoenders

Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell
  • Hoenders het ‘n stewige huis nodig. Hulle behoort snags goed versorg en toegemaak te word om hulle teen koue of nat weer te beskerm, maar ook gediertes en diewe. ‘n Oordentlike hok of huis bied ook die kans om die hoenders van naby te bekyk en selfs maklik te hanteer indien ‘n sieke uitgehaal of behandel moet word. Ook kan eiers dan op een plek versamel word as neste in die huis geplaas word.
  • Beplan waar die huis gebou moet word. ‘n Plek naby jou woning wat skaduwee en veiligheid bied en wat gelyk en droog is, is reg. In die reentyd sal dreinering om die huis en ‘n vloer wat hoër gelig is beter wees.
  • ‘n Goedkoop huis kan gebou word deur van bloekompale en ‘n gras- of rietdak te gebruik te maak. Kyk wat is in jou omgewing beskikbaar. Bou die huis so dat dit naby is en dopgehou kan word. Hou ook die area om die huis skoon, dit sal muise en slange weghou. ‘n Hoë huis op pale, ongeveer ‘n meter hoog van die grond af bied nog meer veiligheid.
  • As jy wil uitwerk hoe groot die huis moet wees dan bepaal jy eers hoeveel hoenders daarin moet bly. ‘n Huis van 2 meter by twee meter (een groot tree is ‘n meter) is reg vir 10 tot 15 groot hoenders. Die huis moet eerder te groot wees as te klein.
Illustration: Susan Powell
Illustration: Susan Powell
  • ‘n Goeie deur vir toegang is nodig en laat toe vir volop lug en lig deur die kante nie toe te bou nie, maar liewer met seile of gordyne van plastiek of sak toe en oop te maak soos die weer dit toelaat.
  • Soos benodig moet slaapstokke, neste, kosbakke en waterbakke in die huis voorsien word. Selfgemaakte items is goedkoper. Plaas die water op ‘n plek waar water wat mors na buite kan vloei sodat die hok nie binnein nat word nie.
  • Lêhenne het ‘n nes vir elke vier henne nodig. Neste moet ongeveer kniehoogte geplaas word in ‘n hoekie waar minder lig en beweging is. Leë verf dromme (20 liter) is net reg om as neste te gebruik. Maak dit stewig aanmekaar vas, helling effens laer na agter, en sit genoeg sagte, droeë, skoon gras in elke nes. Sit ‘n balkie voor die neste waarop henne kan spring om in te gaan. Maak elke dag eiers bymekaar, twee keer per dag is die beste. Van die eiers kan vir broeis henne gegee word om uit te broei, mits daar hane by die henne, wat die eiers gelê het, gewees het (sien later).
  • Die huis moet altyd skoon gehou word. Met ‘n besem of ‘n hark kan die vloer netjies gehou word. Beddegoed of skropgoed soos droeë gras of houtskaafsels kan op die vloer kom, maar dit moet altyd los en droog gehou word. Die mis meng dan goed met die skropgoed en dit kan van tyd tot tyd in die tuin gebruik word. Dit is beter om eers kompos te maak. Kompos is enige plante of gras of karton wat met die mis gemeng word en nat gehou word dat dit kan verrot.

See Also

Personal tools
site help