Afrikaans

Home > ... > ... > Village Poultry in South Africa > Afrikaans

Afrikaans

Hoe om met Werfhoenders ‘n Eenvoudige Besigheid in Suid Afrika te Begin (Trans. Kobie du Preez)

Agtergrond

VERSORGING VAN HOENDERS WAT VRY OP DIE WERF LOOP

Hierdie boek is bedoel vir families wat nog genoeg ruimte het om ‘n paar hoenders op die werf aan te hou. Op die platteland en in afgeleë gemeenskappe is goeie moontlikhede om so met ‘n hoederboerdery te begin. Die boek behoord nuttige informasie te verskaf vir beginners en vir die wat reeds besig is. Met die wenke in die boek kan produksie verbeter word, soos om gesonde sterk kuikens groot te maak en meer eiers van die henne te kry. Hoenders verskaf uitstekende kos vir die gesin. Die klein kinders in die gesin het die goeie proteiëne, wat deur eiers en hoendervleis verskaf word, nodig om gesond op te groei.

Die boek is toegespits op die verbetering van hoenderboerdery waar lokale hoenders reeds beskikbaar is en ‘n vry-loop stelsel toegepas word en waar die pluimvee vir hulleself kos in die veld en in die krale van ander diere kan gaan soek.

Hoenders kan ook sorg vir ‘n eksta inkomste as die eiers of vleis verkoop word. Die vroue wat tuis bly om kinders te versorg kan gerus meer aandag aan die hoenderboerdery gee om eksta geld te verdien en goeie proteiëne vir die kinders en die familie te verskaf.

Illustration: Susan Powell

Die vyf dele van hierdie boek is:

  1. Huisvesting vir hoenders
  2. Aanteel van die hoenders en Uitbroei van eiers
  3. Algemene bestuur van hoenders
  4. Hoe om hoenders te voer
  5. Diere se gesondheid

Erkenning

Illustration: Susan Powell

Dank en waardering vir die inisiatief wat deur die opleidingsskool vir veeartsenykunde by die Universiteit van Queensland in Australië geneem is om hierdie hulpmiddel vir voornemende klein pluimveeboere op te stel en die publikasiekostes te dra. Dr. David Farrell is die persoon wat hierin die voortou geneem het en met sy besoeke aan baie ontwikkelende lande en ook Suid Afrika is die inhoud baie prakties en bruikbaar. Die materiaal is in 5 tale van suider Afrika vertaal.

D.J. FARRELL
The University of Queensland
April, 2000

Huisvesting vir hoenders

Illustration: Susan Powell

  • Hoenders het ‘n stewige huis nodig. Hulle behoort snags goed versorg en toegemaak te word om hulle teen koue of nat weer te beskerm, maar ook gediertes en diewe. ‘n Oordentlike hok of huis bied ook die kans om die hoenders van naby te bekyk en selfs maklik te hanteer indien ‘n sieke uitgehaal of behandel moet word. Ook kan eiers dan op een plek versamel word as neste in die huis geplaas word.
  • Beplan waar die huis gebou moet word. ‘n Plek naby jou woning wat skaduwee en veiligheid bied en wat gelyk en droog is, is reg. In die reentyd sal dreinering om die huis en ‘n vloer wat hoër gelig is beter wees.
  • ‘n Goedkoop huis kan gebou word deur van bloekompale en ‘n gras- of rietdak te gebruik te maak. Kyk wat is in jou omgewing beskikbaar. Bou die huis so dat dit naby is en dopgehou kan word. Hou ook die area om die huis skoon, dit sal muise en slange weghou. ‘n Hoë huis op pale, ongeveer ‘n meter hoog van die grond af bied nog meer veiligheid.
  • As jy wil uitwerk hoe groot die huis moet wees dan bepaal jy eers hoeveel hoenders daarin moet bly. ‘n Huis van 2 meter by twee meter (een groot tree is ‘n meter) is reg vir 10 tot 15 groot hoenders. Die huis moet eerder te groot wees as te klein.

Illustration: Susan Powell

  • ‘n Goeie deur vir toegang is nodig en laat toe vir volop lug en lig deur die kante nie toe te bou nie, maar liewer met seile of gordyne van plastiek of sak toe en oop te maak soos die weer dit toelaat.
  • Soos benodig moet slaapstokke, neste, kosbakke en waterbakke in die huis voorsien word. Selfgemaakte items is goedkoper. Plaas die water op ‘n plek waar water wat mors na buite kan vloei sodat die hok nie binnein nat word nie.
  • Lêhenne het ‘n nes vir elke vier henne nodig. Neste moet ongeveer kniehoogte geplaas word in ‘n hoekie waar minder lig en beweging is. Leë verf dromme (20 liter) is net reg om as neste te gebruik. Maak dit stewig aanmekaar vas, helling effens laer na agter, en sit genoeg sagte, droeë, skoon gras in elke nes. Sit ‘n balkie voor die neste waarop henne kan spring om in te gaan. Maak elke dag eiers bymekaar, twee keer per dag is die beste. Van die eiers kan vir broeis henne gegee word om uit te broei, mits daar hane by die henne, wat die eiers gelê het, gewees het (sien later).
  • Die huis moet altyd skoon gehou word. Met ‘n besem of ‘n hark kan die vloer netjies gehou word. Beddegoed of skropgoed soos droeë gras of houtskaafsels kan op die vloer kom, maar dit moet altyd los en droog gehou word. Die mis meng dan goed met die skropgoed en dit kan van tyd tot tyd in die tuin gebruik word. Dit is beter om eers kompos te maak. Kompos is enige plante of gras of karton wat met die mis gemeng word en nat gehou word dat dit kan verrot.

Aanteel van die hoenders en Uitbroei van eiers

Illustration: Susan Powell

  • Let goed op watter hoenders vinnig groei, baie gesond is en baie eiers lê. Gebruik dan die vrugbare eiers en laat henne wat die beste ma’s is, en waarvan die kuikens die beste uitbroei, die eiers uitbroei. Ou henne en hane, al is hulle goed, moet mettertyd met jonges vervang word.
  • Hou en teel dus met die gesondste, strek, groot jong diere. Hulle sal ook die beste wees om te slag, maar moet nie al die beste hane slag nie.
  • Gebruik 2 hane en tien henne om van te teel om die oues te vervang. Moet geen hoenders aanhou en laat aanteel as hulle klein en sieklik is nie, al is hulle die die troeteldiere.
  • Dit is ook goed om een of twee van jou hane met hane van bure wat ver van jou af woon te ruil, om nuwe “bloed” (goeie teeleienskappe) in te bring. So sal jy verhoed dat die hane te veel met hulle eie susters paar.
  • Deur so streng net met die beste te teel (Afdeling III later) vestig jy ‘n goeie boerdery. Dit bring minder uitgawes mee, want swak diere vreet net soveel kos en lewer niks op nie.
  • Gee spesiale aandag aan die henne wat broei. ‘n Aparte nes waar die henne kan broei is beter. Veral die neste moet hoog van die grond af op ‘n stelasie wees en verkieslik soos ‘n gevlegte mandjie wees, want ‘n leë verfblik is te warm vir die hen. Skoon sand en baie sagte gras is die beste om die eiers op neer te sit sodat dit nie breek nie.
  • Die broeis hen hou ook meer van ‘n nes wat eenkant en effens donker is. Maak seker dat sy kos en water het as sy een maal per dag opstaan

Illustration:Susan Powell

 

  • Neem gereeld al die eiers uit die neste. As ‘n hen broeis word, gee dan vir haar sowat agt vars bevrugte eiers om uit te broei. Makou wyfies is uitstekende broeiers. Hoender eiers broei na 21 dae uit. As die hen nog na die 22 ste dag wil sit en die meeste kuikens is al uit, kan die orige eiers weggeneem word.
  • As te veel henne broeis word, gebruik net die wat jy weet goeie ma’s is. Die ander se broeisheid kan oorkom word, sodat hulle weer begin lê, deur hulle afsonderlik in ‘n draad mandjie onder ‘n koelteboom op te hang vir 4 – 5 dae met water en kos.

Algemene bestuur van hoenders

Illustration: Susan Powell

Grootmaak van kuikens

  • Pasgebore kuikens het warmte nodig en moet gou goeie kos en water kry. Die goeie ma sal hulle beskerm, wys om kos te vind en sodoende al die kuikens groot kry.
  • Dit is belangrik vir die eerste 3 – 4 weke dat hulle teen koue en gevaar beskerm word deur onder die hen in te kruip. Om haar te help moet sy in ‘n veilge kampie met koelte en water en kos gehou word. Dit kan ‘n verskuifbare kampie wees sodat hulle skoon nuwe gras kry.
  • Die kuikens moet leer om self kos te soek en aan die begin leer om die warmte van die ma op te soek as hulle koud kry. Snags moet die hen en kuikens weer in ‘n veilige plek slaap. Kuikens sonder ‘n ma moet warm gehou word naby ‘n stofie of lamp.
  • Gedurende die dag moet die kuikens van ekstra kos voorsien word. ‘n Hartgekookte eier wat fyn gekerf word is die beste kos wat die kuikens elke dag kan kry. Verder kan hulle klein hoeveelhede fyngemaakte mielies, koring of ander graan. Hulle hou ook van mieliepap of brood, wat in die kombuis oorbly en gekrummel is. Na 10 dae behoord die kuikens net soggens en saans gevoer te word, want hulle moet self begin kos soek.
  • Die kos wat hulle kry moet gou opge-eet word, anders bly dit oor en word gemors. Die hen behoord ook nie die kuikens se kos eet nie, want dit is net vir hulle bedoel. Maak ‘n versperring van riet of draad sodat die hen nie die kuikens se kos kan bykom as hulle gevoer word nie.
  • Gebruik ‘n selfgemaakte waterbak en sorg dat kuikens altyd toegang tot skoon water het. Hulle moet nie self in die water beland en nat word nie. Vir klein kuikens is dit nodig om albaster groote klippies in die bak te sit sodat die klein kuikens nie in die water beland nie.
  • Kuikens wat doodgaan moet dadelik verwyder word en ver en diep begrawe word.
  • Wanneer die kuikens 3 – 4 weke oud is word hulle toegelaat om bedags die kampie te verlaat sodat hulle vir self begin soek vir kos saam met die mahen. Moet egter nie ophou om bietjie ekstra kos vir hulle te gee nie.
  • Op 4 weke kan die haantjies van die hennetjies onderskei word. Haantjies groei vinniger as hennetjies. Die kuikens moet nog steeds ‘n uur per dag eksta voer ontvang.
  • Do not wait until the males are fully-grown before you eat them or sell them. This means that you will save feed and have more room in your hen house for new chickens to replace them. You will have more feed left to give to other chickens.

Die versorging van lêhenne

Illustration: Susan Powell

 

  • Hennetjies begin lê as hulle 6 – 8 maande oud is. Hulle sal vroeër en beter lê as hulle goeie voer ontvang het en ook as hulle in die lente uitgebroei was.
  • Die veranderinge in henne se voorkoms wanneer hulle sal begin eiers lê is byvoorbeeld die kamme wat baie groter en rooier vertoon. Die teenoorgestelde vind plaas as ‘n hen om een of ander rede ophou lê.
  • Om seker te wees dat eiers nie gedurende warm weer gou oud word nie moet dit minstens een keer per dag in die voormiddag uit die neste gehaal word en nie later as die volgende dag onder die broeis henne geplaas word of verkoop word. Nie meer as 8 eiers onder een hen vir uitbroei nie.
  • Bêre die eiers in ‘n koel plek en hou hulle nooit langer as 7 dae voordat dit gebroei word nie. Ou eiers broei nie goed uit nie en is ook nie goed om te verkoop of te eet nie.
  • Soek net die heel, sterkdop, groot, skoon eiers om uit te broei. Gekraakte eiers sal nie uitbroei nie en sal breek en die ander eiers in die nes bemors.
  • In hulle eerste jaar lê jonghenne gewoonlik baie goed. As hulle 2 of 3 jaar oud is hou hulle op met lê of hulle lê min eiers. Hulle eet egter net so veel of meer voer as die jonger henne en dit is beter om hulle te slag of te verkoop.

Hoe om hoenders te voer

Illustration: Susan Powell

  • Kuikens moet nie net een soort graan of kos kry nie as ons wil hê hulle moet goed en gesond grootword en baie eiers lê. Hulle moet ook altyd skoon water hê om te drink.
  • As hoenders buite kan loop skrop hulle rond en vind hulle eie voedsel deur slakke, insekte, wurms, sade en ander plante te eet. Tog het hoenders ook eksta voer nodig.
  • Kuikenmeel wat by voerhandelaars gekoop kan word is die beste kos vir heel klein kuikens. Dit is egter duur en behoord nie vir al die hoenders uitgedeel te word nie. Dit is ook net beskikbaar in groot sakke (50 kg) en sal beter werk as dit met jou bure gedeel kan word, want dit kan ook nie te lank gebêre word nie. Kuikens ouer as 5 weke behoord al sonder kuikenmeel reg te kom. Net ‘n bietjie ekstra graan behoord genoeg te wees vir hulle.
  • Kosbakke moet nooit meer as half volgemaak word nie want dit word uitgekrap en gemors. Voer net soveel as wat die kuikens in ‘n uur kan opvreet.
  • Henne het baie kalsium nodig om sterk doppe te vorm. Aanvulling van kalsium is nodig. Kalk klip, see skulp, en fyn-gebreekte been is goeie bronne wat eksta aangebied kan word. Eierdoppe en bene moet eers gekook word anders versprei dit siektes.

Illustration: Susan Powell

  • Groenigheid uit die tuin en blare en oorskied kosse uit die kombuis moet so vars moontlik vir hoenders gegee word. Oortollige groente soos wortels, kool, slaai en aartappels is meer werd as dit gekook is. Oortollige ryp vrugte is ook goed vir hoenders.
  • Bene wat eers gekook en fyngemaak is verskaf ook baie ander minerale wat noodsaaklik is vir hoenders se gesondheid.
  • Semels van koring en ander grane is soms goedkoop beskikbaar. Dit kan vir groot hoenders as deel van hulle eksra voer gegee word. Gemaalde en gekookte bone, soos lupeine, soja en ander bone is baie goeie voer en moet spaarsaam gebruik word, soos die kuikenmeel, want dit is net so waardevol as menslike voedsel.

Diere se gesondheid

Illustration: Susan Powell

  • ‘n Skoon omgewing is belangrik vir gesondheid van hoenders. Siek honders groei swak en lê nie goed nie.
  • Skoon water en drinkbakke wat daagliks voorsien word is belangrik. Ook die kosbakke moet elke dag skoon gemaak word en die huis moet altyd netjies wees.
  • Hou die hoenders elke dag dop om te sien of hulle gesond is.
  • Siek hoenders moet een kant gehou word en ook kos en water kry. As hulle nie binne 5 dae beter word nie moet hulle maar van kant gemaak word en begrawe word.
  • Siek hoenders eet ook soms nie. ‘n Siek hoender is maklik erkenbaar. Dit sit gewoonlik eenkant, die vere is kroes en die kloaak is dikwels nat van diaree. Die mis kan bloederig wees as dit koksidiose opgedoen het of sere kan op die kop en oë voorkom as dit deur miskiete gesteek is. Geel uitskeiding van die neus en oë is ‘n teken van erg verkoue en sinus ontsteking. Lam kuikens wat gladnie kan loop moet in elk geval doodgemaak word.
  • Siek kuikens moet nie geeet word nie want sommige siektes kan die mens ook aantas.

Illustration: Susan Powell

 

  • Vir baie gevaarlike siektes wat gou onder die hoenders versprei en baie doodmaak, moet kuikens geent word met die regte entstowwe.
  • Een van die siektes is Newcastle Siekte. Vra vir die plaaslike landbou voorligter om te help dat die hoenders ge-ent word voordat hulle die siekte opdoen.
  • Kry altyd raad van landbou voorligting beamptes of staatsveearts as baie van jou hoenders of van die hoenders in jou omgewing vrek.

Back to Top

Anatomy of the Chicken

This unique presentation shows the fundamental  structure and anatomy of the chicken

Egg Grab’n’Grade

Now released in the App Store. Developed by the Poultry CRC. Have fun while learning about what makes a good egg.

Download for free in Australia

People or

Organisations

These lists contain organisations and individuals associated with the Australian poultry industry

Sign up for eChook News

eChook keeps people informed of the Poultry Cooperative Research Centre’s activities.


© Polutry CRC 2006 - 2014 All Rights Reserved :: Website by Giant Media :: ADMIN
Connect with Poultry CRC

metin2 pvp serverler pvp serverler mt2